DIE REGTE
PLEK


Konferensies

Ideaal vir die aanbied van sake-byeenkomste en maatskappy-werksessies.

Kongresse

'n Gewilde keuse vir die aanbied van organisasies se kongresse en samesprekings.

Verjaarsdae

Wees verseker dat jou verjaardagpartytjie nooit vergeet sal word nie.

Troues

Ten volle toegerus om te verseker dat jou spesiale dag perfek en afgerond is.

Uitstallings

Pragtige uitsigte en 'n elegante atmosfeer maak ons geskik vir kuns- en produkuitstallings.

 

Oor die venue


As jy die gejaag van die stadslewe vir 'n tydjie wil agterlaat en 'n venue met ou-wêreldse sjarme en gasvryheid vir jou funksie soek - waar uitmuntende diens seëvier - dan is Idma@Kapel die regte plek vir jou.


Venue

 

Ons Span


Idma@Kapel is geleë op Idi en Marinda Teubes se plaas in die Kapel, 'n area tussen Klawer en Vredendal, wat bekend is vir sy natuurskoon, wingerde en vrugbare plase gevoed deur die water van die Olifantsriver.

 

Idi Teubes


Idi is mede-eienaar van Idma@Kapel en is 'n kenner op die gebied van klank en toerusting. Idi is ook verantwoordelik vir die braaigeriewe asook die aansteek van die vure as daar onthale en funksies is.

Marinda Teubes


Marinda is mede-eienaar van die Idma@Kapel-venue en is uiters kundig in geleentheidsbeplanning. Sy tree op as koördineerder van troues en funksies wat by Idma@Kapel gehou word en is 'n uitstekende stileerder en dekorbeplanner.

Klein-Jan Teubes


Klein-Jan is 'n fynproewer en koskenner. Hy maak seker dat resepte en nuwe toevoegings tot die spyskaart van 'n internasionale standaard is. Hy is die oudste seun van Idi en Marinda Teubes en is baie nou betrokke by hierdie familie-besigheid en venue.

Waylen Titus


Waylen is geskool in kookkuns en is die sjef van die Idma@kapel-kombuis. Hy het uitstekende bestuursvermoëns en is uiters rekenaarvaardig. Hy is dikwels ook die vriendelike gesig wat jy in die ontvangslokaal sal vind.
 

Wil jy meer oor ons uitvind? Vul die vorm onder in.



Ons span sal jou binnekort kontak om meer inligting aan jou te verskaf. Ons voeg jou ook op ons nuusbrief-databasis om gereeld inligting oor ons venue en streek aan jou te stuur.



Ons nuusbrief bevat ook inligting oor spesiale aanbiedinge, kompetisies en uitgesoekte promosies van ons vennote.


Waar gaste persoonlik verwelkom word


Idma@Kapel is ’n unieke venue waar gaste persoonlik verwelkom word. Ons bedryf ons plek met passie en met respek vir elke mens en vir die natuur en omgewing. Ons tree altyd professioneel op, maar ons maak seker ons en ons gaste geniet dit hier.

Ons venue nestel op ’n druiwe- en groenteplaas op Kapel, in die hart van die vrugbare Olifantsriviervallei, tussen Klawer en Vredendal. Dit is baie naby die N7, wat die Kaap en Namibië en ook die Kaap en Upington verbind.

Eienaars Idi en Marinda Teubes en 'n toegewyde en bekwame span verseker dat elke funksie perfek beplan en uitgevoer word, en kliënte dit net kan geniet. Gasvryheid is die wagwoord op hierdie mooi plek.

Idma@Kapel is ideaal geleë op die walle van die rivier waar mens kan wegkom van die daaglikse gewoel en die platteland op sy beste kan ervaar. Die venue is naby genoeg om die talle wynplase in die distrik te besoek en ook om die heerlike Weskus- en Olifantsrivierwyne te geniet. In die lente is die internasionaal-bekende veldblomroete op hul voorstoep. Besoekers kan hul funksies so reël dat hulle nie die unieke prag van die Namakwaland kan mis nie.

Ons geriewe is perfek vir konferensies, troues, kongresse, opleiding, verjaarsdae en selfs vir produkbekendstellings of net om lekker saam met vriende bymekaar te kom. Die pragtige tuin met groot bome, langs die wingerde en die rivier, bied afwisseling om regte kreatiewe denke te stimuleer. Marinda en haar spysenieringspan het internasionale opleiding om seker te maak voorbereiding en aanbieding van alle etes is werklik uit die boonste rakke en smaaklik.