Idma@Kapel kan vir jou die troue van jou drome gee!

Idma@Kapel die perfekte venue vir jou droomtroue
November 14, 2017

Nadat die verlowingsvieringe effens bedaar het en die heerlike troubeplanning moet begin, kan
dit soms vir ’n toekomstige bruid ’n groot uitdaging wees om ’n droomtrourok, skoene, die mooiste blomme, lekkerste spyseniering en perfekte venue, gepaard met al die ander ekstras, te reël en beplan. Dit kan die pragtige bruid meer opgewerk as opgewonde laat voel.

Gelukkig weet Idma@Kapel dit reeds en is gereed om jou te help! Hulle besef die reëlings en
stres van troubeplanning kan oorweldigend wees en al die lekkerte daaruit wegneem.

Een van ’n toekomstige bruid se grootste bekommernisse is die weer. By Idma@Kapel is dit
geensins ’n probleem nie! Daar is ’n lieflike binnenshuise onthaalarea, die Idma@Kapel-saal, wat geskik is vir die mooiste droomtroues en dit kan sowat 130 gaste akkommodeer. Vir ’n buitelug-gevoel, kan jy ook kies om gebruik te maak van die tent wat sowat 250 gaste kan akkommodeer.Binne of buite, Idma@Kapel sal sorg dat dit asemrowend lyk.

Die rede hoekom Idma@Kapel die perfekte oplossing vir jou probleme is, is omdat Idma@Kapel
uiters professionele diens verskaf. Idma@Kapel weet presies hoe om jou droomtroue in ’n realiteit te omskep met hul jarelange kennis en ondervinding.

Idma@Kapel is geleë op die pragtige plaas Kapel net buite Vredendal. Kapel is bekend vir sy
pragtige natuur en asemrowende, lowergroen uitsigte. Die romantiese atmosfeer van hierdie area sal enige troue soos ’n feeverhaal laat voel!

’n Prentjiemooi onthaal is beslis nie al wat Idma@Kapel vir jou kan bied nie. Mede-eienaar
Marinda Teubes en haar flink span is opgelei in kookkuns om topgehalte spyseniering te bied -die gaste sal hul lippe aflek vir al die heerlike geregte! Idma@Kapel sorg selfs ook vir van die klanktoerusting, die musiek en pragtige dekor, spesifiek na jou smaak! Dit haal al klaar die meeste druk van enige bruid af, sodat jy hierdie spesiale tyd meer kan geniet.

Parkering is gratis en veilig en dit is ook glad nie nodig om jou te bekommer oor enige linne,tafels, stoele en breekware nie. Idma@Kapel kan alles verskaf, wat jou en jou verloofde beslis meer gerus en ontspanne sal maak.

Idma@Kapel beloof ’n onvergeetlike trou-ervaring wat altyd gekoester sal word. Met al hul
kennis, vaardigheid en goeie oog vir detail, staan hulle gereed om jul troue die mees vreugdevolle, stresvrye en beste dag van jul lewens te maak!

Om jou groot dag by Idma@Kapel op papier te bevestig, skakel gerus 027 216 1419 of stuur ’n e-pos aan idma@mylan.co.za. Besoek hul webtuiste by www.idma.co.za of hul Facebook-blad by www.facebook.com/idmakapel/. Jy kan hul ook volg op Twitter by @IdmaKapel of op Instagram by @idmakapel.

(Einde)

Uitgereik deur Lumico

Vir navrae kontak:

Dean Skippers dean@lumico.co.za 021 422 1494, or

Heidi van der Merwe heidi@lumico.co.za 021 422 1494