Marinda Se Heerlike Skons

Marinda se Marmite-tert
January 31, 2017
Idma@Kapel die perfekte venue vir jou droomtroue
November 14, 2017

’n Dierbare vriendin van Marinda Teubes het ’n eetplek naby die Unie-gebou in Pretoria besit, en hierdie gewilde skonresep met haar gedeel tydens ’n kuier by Marinda se huis. “Baie van die politici was mal oor haar skons,” vertel Marinda. “Hierdie resep is ook ’n maklike resep om op ’n Kersoggend te bak en aan bure uit te deel.”

Bestanddele:

500 g pakkie bruismeel
250 ml room
250 ml Sprite-koeldrank
Knippie sout

Metode:

Sif die meel twee keer.
Meng met room/sprite en sout. Die beslag sal klonterig wees.
Skep opgehoopte lepels vol in muffinpanne.
Bak by 180 gr C vir 15 minute. Lewer 12 skons.