Marinda se Marmite-tert

Beste raad vir troudag
January 9, 2017
Marinda Se Heerlike Skons
March 29, 2017

Marinda Teubes is die oudste van drie susters, wat elk so vyf jaar verskil. Hierdie besonderse resep was die eerste resep wat sy kleintyd op haar eie kon maak.

Die tert was vining ’n treffer en “my sussies kon nie wag dat ek afnaweke en vakansies huis toe kom dat ek die Marmite-tert kon maak nie,” vertel sy.

“So het my ma ook vir my die resep met kruissteek op ’n borduurlap uitgewerk as ’n kombuistee-geskenk gegee. Dit was ‘many moons ago’ maar dit hang vandag nog in my kombuis.” En natuurlike word die tert nog steeds gemaak.

Bestanddele:

Vir bolaag:

125 ml margarine of botter
25 ml Marmite
250ml gerasperde Cheddarkaas

Vir tert:

1x ekstra groot eier
200 ml suiker
500 ml bruismeel
2 ml sout
50 ml fyn parmesaankaas
10 ml bakpoeier
60 ml olie
250 ml melk (volroom)

Metode:

Vir bolaag:

  1. Smelt 125 ml margarine of botter in ’n kastrol.
  2. Voeg 25 ml Marmite by.
  3. Smelt die bolaag net voor die koek uit die oond kom.
  4. Hou 250ml gerasperde Cheddarkaas eenkant om bo-oor te strooi.

Vir tert:

  1. Verhit oond tot 180°C.
  2. Klits eier en voeg suiker geleidelik by.
  3. Voeg olie by en klits lank tot lig en romerig.
  4. Sif die droë bestanddele en voeg dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Meng goed.
  5. Smeer ’n oondvaste bak van +- 23cm in deursneë en bak vir 40-45 min tot gaar.
  6. Smelt nou bolaagbestanddele en gooi oor die koek sodra dit uit die oond kom.
  7. Gooi kaas oor en sit in oond (wat nou af is) sodat kaas kan smelt.