Marinda se seekospot

Proin dui sodales imperdi sit
May 9, 2014
Sprokies-troue
January 9, 2017

Elma Postma van die televise program Plaaskombuis, op die kanaal VIA, het by ons kom kuier en ons het ons wel bekende seekospotjie resep met haar gedeel.

Vir ’n bykos, het ons ‘n tradisionele potbrood voorgesit wat perfek saam met die potjie was.

Die resep het in Landbouweekblad verskyn en kan ook op hulle webtuiste gevind word. By Idma@Kapel word ons gaste bederf met heerlike kos uit ons plaaskombuis wat deur die vernuf van ons kokke spesiaal vir hulle gemaak word. Onder volg die resep:

125ml olyfolie

100g botter

2 uie, fyn gekap

2 soetrissies, fyn gekap

5 knoffelhuisies, fyn gekap

500ml rou rys

300g sampioene, gesnipper

4 tamaties, fyn gekap

30ml elk seesout en vars gemaalde swartpeper

2 x 800g pakke seekos mengsel

800g mosselvleis

700g calamari-steaks in blokkies gesny

1 bottel (750ml) droe witwyn

400g halfskulpmossels

250ml room

250ml gekapte, vars pietersielie

500ml gerasperde Cheddarkaas

1-2 rou kreefsterte in stukke gesny (opsioneel)

 

Verhit die olie en botter in ’n plat swartpot en braai die uie, soetrissies en knoffel daarin. Voeg die rys by en braai tot elke korrel met olie bedek is.

 

Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die tamaties by en geur die mengsel met die helfte van die sout en peper. Bedek en prut vir 10 minute.

 

Voeg die seekosmengsel, mosselvleis, calamari en die res van die sout en peper by.

 

Voeg die wyn by en prut oor hoë hitte tot die rys en seekos net gaar en die meeste vloeistof geabsorbeer is. Pak nou die halfskulpmossels bo-op, bedek en stoom sowat 10 minute.

 

Haal die deksel af, voeg die room by en laat deurkook.

 

Sit die kreefstert (indien gebruik) by en sprinkel die kaas en pietersielie oor. Sit voor met suurlemoenwiggies en vars potbrood. Lewer 10 porsies.