Ons Span

 

Die personeel by Idma@Kapel sal daarna streef om jou ondervinding onvergeetlik te maak.


Idi Teubes


Idi is mede eienaar van Idma@Kapel en is 'n kenner in die gebied van klank en toerusting. Idi is ook verantwoordelik vir braaigeriewe asook die aansteek van die vure met onthale en funksies.

Marinda Teubes


Marinda is mede-eienaar van die Idma@Kapel-venue en is uiters vaardig in geleentheidsbeplanning. Sy tree op as koördineerder van troues en funksie wat by Idma@Kapel gehou word en is 'n uitstekende stileerder en dekor-beplanner.

Klein-Jan Teubes


Klein-Jan is 'n fynproewer en koskenner. Hy maak seker dat resepte en nuwe toevoegings tot die spyskaart van 'n internasionale standaard is. Hy is die oudste seun van Idi en Marinda Teubes en is baie betrokke by hierdie familie-besigheid en venue.

Waylen Titus


Waylen is geskool in kookkuns en tree op as sjef van Idma@kapel kombuis. Hy het uitstekende bestuursvermoëns en is uiters rekenaarvaardig. Hy is dikwels ook die vriendelike gesig wat jy in die ontvangslokaal sal vind.

Die span


Jaco Lot, Fé en Boerie is plaaswerkers by die Idma@Kapel-venue. Dié vaardige en vriendelike span is uit die aard van wat Idma@Kapel bied, ook opgelei in restaurantwese en onthaalbestuur.

JA


JA is bestuurder van die kroeg en is kundig op die gebied van klank en klankvereistes tydens funksies by Idma@Kapel. JA is die jongste seun van Idi en Marinda Teubes en is baie betrokke by hierdie familie-besigheid en venue.