Spyseniering

March 29, 2017

Marinda Se Heerlike Skons

’n Dierbare vriendin van Marinda Teubes het ’n eetplek naby die Unie-gebou in Pretoria besit, en hierdie gewilde skonresep met haar gedeel tydens ’n kuier by Marinda se huis. “Baie van die politici was mal oor haar skons,” vertel Marinda. “Hierdie resep is ook ’n maklike resep om op ’n Kersoggend te bak en aan bure uit te deel.” Bestanddele: 500 g pakkie bruismeel 250 ml room 250 ml Sprite-koeldrank Knippie sout Metode: Sif die meel twee keer. Meng met room/sprite en sout. Die beslag sal klonterig wees. Skep opgehoopte lepels vol in muffinpanne. Bak […]
January 31, 2017

Marinda se Marmite-tert

Marinda Teubes is die oudste van drie susters, wat elk so vyf jaar verskil. Hierdie besonderse resep was die eerste resep wat sy kleintyd op haar eie kon maak. Die tert was vining ’n treffer en “my sussies kon nie wag dat ek afnaweke en vakansies huis toe kom dat ek die Marmite-tert kon maak nie,” vertel sy. “So het my ma ook vir my die resep met kruissteek op ’n borduurlap uitgewerk as ’n kombuistee-geskenk gegee. Dit was ‘many moons ago’ maar dit hang vandag nog in my kombuis.” En natuurlike word die tert […]