Beste raad vir troudag

Sprokies-troue
January 9, 2017
Marinda se Marmite-tert
January 31, 2017

Op die webwerf mooitroues.co.za het Toy en Carissa, wat by Idma@Kapel getrou het,  die beste raad vir ’n troudag gegee: Geniet elke liewe oomblik van die dag.

 

“Kies ’n goeie fotograaf en seremoniemeester – ons s’n was uitstekend! Musiek en kos is baie belangrik, maar die belangrikste is dat almal lekker saam kuier. Raad vir die huwelik: Wees die beste vir mekaar wat jy kan wees,” skryf mooitroues.co.za.

 

Hulle troue kan beskryf word as ’n kombinasie van koel, sagte kleure, warm glimlagte en groot pret. Hulle het een Sondag ’n draai gaan maak op Lambertsbaai vir ‘n liefelike middagete by die hawe. Daarna het hulle op die strand gaan stap en toe Carissa weer kyk is Toy op een knie. Dit was baie spesiaal en Carissa het niks vermoed nie.

 

Die paartjie se troue is deur die talentvolle Love Of Light afgeneem. Lees meer hier.

http://www.mooitroues.co.za/2014/11/toy-carissa-se-kapel-troue/