Venue

 

Idma@Kapel is 'n unieke venue waar gaste persoonlik verwelkom word. Ons bedryf ons plek met passie en met respek vir elke mens, sowel as vir die natuur en omgewing. Professionaliteit is vir ons belangrik, maar ons maak ook seker ons en ons gaste geniet dit hier.


Konferensies

Ideaal vir die aanbied van belangrike sake-byeenkomste en maatskappy-werksessies.

Uitstallings

Pragtige uitsigte en 'n elegante atmosfeer maak ons geskik vir kuns- en produkuitstallings.

Kongresse

'n Gewilde keuse vir die aanbied van organisasies se kongresse en samesprekings.

Heerlike etes

Marinda en haar spysenieringspan het internasionale opleiding om seker te maak die voorbereiding en aanbieding van alle etes is smaaklik en werklik uit die boonste rakke.

Verjaarsdae

Wees verseker dat jou verjaardagpartytjie nooit vergeet sal word nie.

Beste diens

Eienaars Idi en Marinda Teubes, sowel as hul toegewyde span, verseker dat elke funksie perfek beplan en uitgevoer word, om te verseker dat kliente dit voluit kan geniet.

Troues

Ten volle toegerus om te verseker dat jou spesiale dag perfek en afgerond is.

Aanpasbaar

Die pragtige tuin met groot bome, langs die wingerde en die rivier, bied afwisseling om kreatiewe denke te stimuleer.

Vergaderings en etes vir van twee persone tot ’n onthaal vir 350 mense. Alles is moontlik by Idma@Kapel.





 

Wil jy meer oor ons uitvind? Vul die vorm onder in.



Ons span sal jou binnekort kontak om meer inligting aan jou te verskaf. Ons voeg jou ook op ons nuusbrief-databasis om gereeld inligting oor ons venue en streek aan jou te stuur.



Ons nuusbrief bevat ook inligting oor spesiale aanbiedinge, kompetisies en uitgesoekte promosies van ons vennote.